Web Visits = 9345 || Visit us on :


Probleme met vorige Website

1. Niemand hou dit meer in stand nie. Die ad vir die sentrale kongres van Maart maand nog steeds daar.
2. Daar is te veel deurmekaar informasie op ʼn bladsy. Voorbeeld op die gallery waar jy die fotos van die afgelope maande kan kies, is daar sidebars met allerhande ontoepaslike en onooglike informasie. Hier is ook headers en footers met allerhande ontoepaslike data. Dit is so deurmekaar dat jou oog nooit tot ruste kom nie.
3. Herhaling van informasie op elke bladsy.
4. Moeilik om by die fotos uit te kom wat jy graag wil sien.
5. Al ons fotos wat op Flickr se webiste is moet as “public” getag word anders kan die nie gesien word op die Wordpress webiste (BKK) nie. Hier is dan geen privaatheid nie en enige iemand kan die fotos sien en aflaai. Daar is ʼn opsie op Flickr om die fotos privaat te maak, maar dan is dit nie meer sigbaar op die Wordpress website nie.
6. Die instandhouding elke maand is moeilik en neem baie tyd.
a. Alles moet manueel gedoen word en hier is geen outomatisasie nie.
b. Fotos vanaf Photovault moet oorgedra word na rekenaar.
c. Watermerk word aangebring op foto.
d. Die naam van die foto moet verander word om die fotograaf se naam en sy ster gradering te kan wys asook of dit natuur, piktoraal of vaste onderwerp is.
e. Fotos word nou op gelaai na Flickr se website.
f. Fotos word nou op Flickr se website in albums geplaas. Nege albums moet geskep word elke maand. Die albums is vir al die ster groepe. Vier albums vir Natuur, 4 albums vir Piktoraal en 1 albums vir Vaste onderwerp.
g. BKK se website is gebaseer is op Wordpress. Geen databasis en geen outomatisasie nie. Hier moet nou 9 nuwe post geskep word en die albums vanaf Flickr se webiste word nou ge copy en paste na die posts.
h. Die wen foto van elke afdeling nl. 4 natuur, 4 piktoraal en 1 vaste onderwerp (9 fotos) moet nou gekry word en ge copy word na die Wordpress se website